(8 pers.)
2 pond gemaalde skaaps- of beesvleis (gehakt van schapen of rundervlees)
1 groot ui, fyngekap
2 knoffelhuisjes (knoflookteentjes), baie fyn gekerf
2 pisangs (bananen), fyngekap
2 kookappels (moesappels), fyngekap
2 eetlepels botter
1 dik sny (snee) witbrood
1 koppie melk
3 eiers
2 teelepels sout
1/4 teelepel peper
1 teelepel kurkuma (geelwortel)
1-2 eetlepels kerriepoeder (na smaak)
2 teelepels suiker
1 eetlepel suurlemoensap (citroensap) of asyn
12 stuks gekapte amandels
'n paar lourierblare
1/2 koppie rosyne sonder pit (kan weggelaat word)
Braai die uie tot ligbruin in die botter. Week die brood in
die melk, druk die melk weer uit en hou die melk apart.
Meng die vleis, gebraaide uie, brood met 1/2 koppie van die
melk, 2 van die eiers, sout, peper, kerriepoeder, suiker, suurlemoensap,
amandels en rosyne, appels en pisangs.
Skep die mengsel in 'n gesmeerde bakskottel (vuurvaste schaal).
Klits die derde eier, voeg daar nog 1/2 koppie melk by en giet
dit bo-oo (over) die vleis. Steek 'n paar lourierblare in en
bak tot gaar (1 1/2 - 2 ure) in 'n stadige oond (in een matige
warme oven, 300 °F (= ca. 150 °C).
Eet met rys, appelmoes en chutney.
Geniet hierby 'n Paarl Claret (Zuid-Afrikaanse wijn).