|
Die oorspronklike resep vir hierdie sop vereis
'n bossie gemengde kruie, maar die tradisionele kruiesakkie deug
ewe goed.
botter vir verbruining
1 1/2 kg hoender (kip)
2 1/2 liter hoenderaftreksel (kippenbouillon)
2 middelgroot uie, in skywe gesny
2-3 middelgrote geelwortels, in blokkies gesny
1 kruiesakkie (3 takkies pietersielie, 1 takkie tiemie (tijm),
1 lourierblaar)
250 g gaar rys
15 ml botter
knippie gemaalde foelie
250 g kokosmelk* of melk
2 eiergele
250 ml room
varsgerasperde neutmuskaat
Smelt die botter in 'n swaarboomkastrol (braadpan
met dikke bodem). Voeg die hoender by en verbruin liggies. Voeg
die hoenderaftreksel, uie, wortels en kruiesakkie by. Bedek en
prut 2 uur lank of tot die hoender sag is.
Verwyder die witvleis van die hoender en plaas
dit eenkant. Plaas die rest van die hoender in die kastrol terug
en prut voort. Plaas die witvleis, die rys, 15 ml botter en foelie
in 'n vermenger of voedselverwerker en kap fyn. Plaas in die kastrol.
Prut 30 minute lank. Voeg die kokosmelk of melk by en verhit tot
kookpunt.
Klop die eiergele en room saam en skep dit in
'n groot, diep opdienskottel. Giet die sop in die skottel, rasper
die neutmuskaat bo-oor (erboven) en sit onmiddellik voor.
* Nota: Vir kokosmelk laat trek 'n mens 125 ml
gedroogde klapper (kokos) 1-2 uur lank op 250 ml warm melk (nie
kook melk nie). Sif (zeef) dit en druk al die vloeistof uit die
klapper.
|